My naam is Tunet en ek is Avontoerlustig.


“Ok… ok, hier’s die ding ek hou van sing, as ek iets anders se is ek oneerlik, as my tong en longe nooit kon sing, sou ek wees soos ‘n wolk sonder weerlig.”  Bittereinder – Slechte Mensen

Hier’s die ding…

Ek moet bieg, ek is mal oor sing, musiek en tye so random dat dit die kop laat duisel. Dus hierdie jaar – op die ouderdom van 27, het ek  my eerste Oppikoppi bygewoon en was verbaas oor hoe gemaklik ek kon kamp, vuil raak en aanpas by die abnormale omstandighede.

Van kamp weet ek regtig min… Om eerlik te wees ek moet selfs nog ‘n slaapsak en flits aanskaf. Want ek is maar ‘n stadskind wat meestal tyd spandeer in my naaste winkelsentrum.

Maar ons praat nie nou hier van Oppikoppi met sy Jack-Parow-high-5 –en-bosveld-kroeg oomblikke nie. Nee! Hierdie Desember  gaan ek saam Avontoer!

Ja! Jy hoor reg liewe mens. AVONTOER (vergewe my all-caps)

Vat een goeie lepel vol avontuur, voel ‘n vrolike skeutjie toer by en jy het…

  

‘n Wondersoete Rock&Roll toer met twee busse, tien bands en gaskunstenaars , Seerowers , tente en groot gees , wat eenmaal ‘n jaar die Kaapse  Kus uit sy nate uit skud.

So toe ek oorspronklik die konsep gehoor het, het ek dadelik aan…

gedink! Ja, daardie fliek het ‘n groot impak op my psige gehad. Hoe het ek nie gewens dat ek kan skryf vir Rolling Stone magazine, saam bands toer  en flared jeans dra.

So nou word my droom erg bewaarheid…

Ja, ek gaan flared jeans dra, op ‘n bus toer en as dit kom by Rolling Stone… uhm.  Ek is basies so opgewonde soos ‘n kind op Kersdag. Ek is ‘n trotse Seerower en ek kan net nie wag om my kamera en jeans in te pak en op daardie bus te klim wat my sal dra op die grootste avontuur van my lewe!

Bring vir Tunet daardie horison!

Note to self: pak nekstut in vir intense headbanging besering.

Volg die aksie!

  

@Avontoer

@DieOranje_Skaap

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s