Bittereinder – Die ware verhaal agter die beats


Daar is baie wat mens kan sê oor Bittereinder, die alternatiew musiek groep vanuit die hartjie van Pretoria. Maar jy kan sekerlik nog meer oor hul beleefde sanger (rapper?) en woord(kul)kunstenaar, Jaco van der Merwe skryf.

Dit het als begin op Twitter, toe ‘n tweet my aangemoedig het om @ajaxrap welkom te laat voel. Dit was Jaco, die man mal oor die kleur Oranje, wat sou terug antwoord. ‘n Paar dae daarna het ek hom by hul Studio1 optrede ontmoet.

Die Onnie wat dig

Die man met die woorde, wat vernuwing in die Afrikaanse musiektoneel bring is wel nie nuut tot die wêreld van rap nie. Hy het vir jare in Engels gerap voordat hy sy eerste Afrikaanse rympies in 2007 neergepen het.

Bedags werk hy as Engelse onderwyser. “Ek gee klas in ‘n hoërskool vol SeTswana kinders, so die Afrikaanse dinge gaan hulle maar bietjie verby. Hulle’t darem hard hande geklap toe die hoof een oggend in Assembly afkondig dat my band genomineer is vir ‘n SAMA! Party van hulle vra nou (grappig) vir my handtekening, dan sê ek hulle moet maar net blaai tot op die laaste bladsy waar ek hulle boeke geteken het.”

Vrae oor Bittereinder

Vertel my die storie agter die naam Bittereinder?

Al drie lede (Peach van Pletzen en Louis Minnaar)  van Bittereinder was in Engelse skole, maar ons is Afrikaans. Bittereinder is die oorwinning van ons moedertaal in ons denkwêrelde. Bittereinder is ook ‘n einde van bitterheid. Plus ons hou net nie op nie.

Hoe het die groep tot stand gekom?

Ek het in 2007 begin om Afrikaanse rympies te skryf en in Januarie 2009 het ek my twee goeie vriende Peach van Pletzen en Louis Minnaar benader om Bittereinder te begin. Ons het dadelik begin om aan ‘n Ware Verhaal te werk.

Hoe het jul klank ontwikkel?

Al drie van ons het al in vorige musiekprojekte saamgewerk, so ons verstaan mekaar goed. Die skryfproses was baie spontaan en vry. Bittereinder se “klank” het maar so vanself ontwikkel gedurende die 2 jaar wat ons aan die album gewerk het

Hoe het die colabs tussen Bittereinder en gaste Inge Beckmann, Richard Brokensha, Jack Parow, Tumi, Sev Statik en Tim Beumers tot stand gekom?

Elkeen van die colabs het maar sy eie storie, almal redelik vervelig. Al die gaskunstenaars op die album is mense met wie ons musikale paaie gekruis het deur die jare, en ons hou van wat hulle almal doen. Elkeen se bydrae het ‘n Ware Verhaal net sterker gemaak.

Hoeveel ure oefen jul voordat jul ‘n show doen?

So 90 miljoen. Nee, ek weet nie. Partykeer glad nie, as dinge te besig is. Ons het hard gewerk voor die eerste paar gigs, alles tight gekry, en nou is ons rehearsals maar net ‘n verfyningsproses.

Wat is belangriker,  om elke liedjie perfek op te voer of om ‘n goeie stage presence te he?

Ek dink nie daar bestaan so iets soos om ‘n liedjie perfek op te voer nie (veral nie as ek op die mic is nie). Die soektog na “perfeksie” lê in die elektrisiteit van elke show, die konneksie tussen ons en die mense wat luister, dis heeltemal onvoorspelbaar. Mense van vandag raak baie maklik verveeld. Ons voel stage presence moet so iewers tussen natuurlik en teatries wees.

As jy saam met enige band ‘n colab kon doen, wie sal dit wees en hoekom?

Blindside, Deepspace 5 of Sufjan Stevens. Of sommer al drie. Hulle is my helde.

Baie dankie Jaco. Ek hoop ons hoor nog baie van jou en jou band in die toekoms! 

en soos hul in enige goeie kinderverhaal sou sê

fluit, fluit, my storie is uit.

foto deur Laura McCullagh

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s