Annie, Annie jou woorde klink soos musiek.


Geagte Annie Klopper(s).

Jou woorde klop, klop, klop nou al vir ‘n paar maande in my bewussyn en dit wil nie wyk nie. Dit wil he, dat ek dit moet binne nooi, vir ‘n beker koffie – of dalk ‘n glasie wyn. Terwyl ek die laaste ruk baie met my bestaan as joernalis/fotograaf worstel, want sien ek soek nog altyd meer. Dit, wat geld nie kan gee nie, die geleentheid om te doen wat my gelukkig maak.

Jy is ‘n flippen goeie skrywer – so goed dat jy ‘n non-Zinkplaat luisteraar gekry het om ‘n cd van hul aan te skaf – inteendeel ek het altyd hul musiekvideos net met ‘n halwe oog gekyk, “Zinkplaat, o ja die band met Neels van Jaarsveld in elke musiek video”.  Met jou woorde alleenlik.  Jy,  wat my weer in my bestaan as joernalis laat glo het (woorde weereens).

Wel, in die vorm van die storie wat jy daardie aand by Studio1 aan my  vertel het, van jou swoeg as student wat met ‘n werk by ‘n drankwinkel petrolgeld verdien, sodat jy gigs kon bywoon,  artikels  skryf en dit verniet aan koerante etc sou stuur. Dit het my laat besef dat niks my keer om my droom te uit te lewe nie.

Annie, party dae as ek middelmatige en middeljarig woorde oor badprodukte skryf, gaan ek terug en lees ek jou artikels, soms oor en oor. (Presies soos wat ek al van die begin van die jaar met die gedig Vuurbees (DJ Opperman) maak). Om te verstaan hoe goeie skryfwerk lyk.

Ek wil ook ‘n goeie skrywer wees, met my hele hart. Jou imposante CV op Litnet spook by my en ek in ruil spook met die idee dat een mens so vriendelik, slim, populer kan wees en sonder om ter aarsel, sal ek se dat jy my rolmodel is.

 “Hou goeie moed vir my, wanneer ek moeilike besluite maak. Ek is geroes rooi, oranje, geel, ek wonder of ek myself verbeel, ‘n knop kom sit hier in my keel, maar jy kan my nie onthou nie.” ? En in my vreedsame wandel deur die wingerd van jou woorde, weet ek dat ek eendag ook ‘n goeie musiekjoernalis sal wees.

Hoe dan nou anders? Baie dankie vir die woorde, hul klink soos musiek, en ek hoop dat ons nog lank daarna sal luister.

Die Uwe.

Tunet Jordaan.

(@DieOranje_Skaap)

Annie is die skrywer van die nuut gepubliseerde boek, ‘n Biografie Van ‘n Bende (klik vir link) asook die wonderlike rubriek, Die Rockjagter op Afrikaanse Webwerf Litnet.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s